Tlakgaming Farmers Association and its members are so grateful for the donation received by Agri Securitas and we are sure it will bring some much-needed help and safety to our area. We are always trying to improve the safety and security of our area and its people but don’t always have money to buy equipment and implement plans and projects. Your donation will help us to do just that.

-Tlakgaming Farmers Association, 30 September 2022

Letter from Tlakgaming Farmers Association

Hiermee wil ons as Piet Plessis Boerevereniging u hartlik bedank vir die fondse wat aan ons boerevereniging bewillig is. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ons van u ontvang en dat u gehoor gegee het aan ons uitroep tot ondersteuning van ons poging om ons gemeenskap te beveilig.

-Piet Plessis Boerevereniging, 22 September 2022

Brief van Piet Plessis Boerevereniging

Die fondse gaan aangewend word vir verdere beveiling van die gebied deur die uitbreiding van die Beheerkamer. Derhalwe sal die beveiligingsprojek afgehandel word wat aan Agri Molopo bewillig is. Eienaarskap van die toerusting word aanvaar.

-Agri Molopo, 20 September 2022

Brief van Agri Molopo

Daar is dringend nodig om beter dekking van ans area te bewerkstellig met beter kommunikasie en broodnodige opleiding wat moet gebeur. Die fondse wat u aan Agri Zeerust goedgunstelik toegeken het sal ver gaan om, soos per ans vorige briewe, die tekorte aan te spreek.

-Agri Zeerust. 16 September 2022

Brief van Agri Zeerust

Ons het groot waardering dat daar 'n organisasie soos Agri Securitas is wat die landbouers kan help om sekuriteit en veiligheid in hulle omgewing te verbeter. Die Bestuur van Agri Mareetsane onderneem om die fondse aan te wend vir die verbetering van sekuriteit in ons omgewing.

-Agri Mareetsane, 13 September 2022

Brief van Agri Mareetsane

Met ‘n reeds struikelende ekonomie en al die ander aspekte wat ons boeregemeenskap so kniehalter is hierdie regtig die lig in ‘n eindelose donker tonnel.

-Jakkalskop Boerevereniging, 13 September 2022

Brief van Jakkelskop Boereverening

Ons het so baie tekorte nog wat ons veiligheid betref in die omgewing en hierdie fondse gaan so bitterlik baie help
om ons in staat te stel om hierdie leemtes te vul. Ons het reeds so baie suksesse behaal met ons kamera sisteme asook opleidings van ons boere en boervroue in selfverdediging.

- Makwassie Boerevereniging, 13 September 2022

Brief van Makwassie Boerevereniging

Hiermee wil ons namens die Leniesdeel Boerevereniging en gemeenskap baie dankie sê vir Agri Securitas en alle donatereurs vir die fondse wat toegestaan en oorbetaal is vir ons Sekuriteits kamera projek waarvan die Boerverenging en gemeenskap baie sal baat. Die kamera sisteme is alreeds opgerig en in werking.

- Leniesdeel Boerevereniging, 12 September 2022

Brief van Leniesdeel Boerevereniging

“Credit must go to the Farming Associations and Agri Securitas for funding the CCTV infrastructure, and to the SAPS for their fast and effective reaction. Agri EC, the SAPS and Atlas Security continue to build on a strong partnership to fight crime in the province.”

— Agri Eastern Cape, 3 December 2020


“Danksy die Agri Securitas skenking in 2019 en bydraes van die twee georganiseerde lanbou verenigings kon ons in 2019 reeds ons area se noordelike deel se toegangsroetes begin monitor en die gevolge was fenominaal. Misdaad en beweging van onwettige voertuie en persone het dramaties afgeneem.”

— Agri Klippan , 11 September 2020


“Agri Zeerust bedank u vir die bydrae tot die projek. Dit word opreg waardeer.”

— Agri Zeerust, 17 November 2020


“Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om u te bedank vir die goedkeuring rakende die uitbetaling aan Edenburg Landbou ten opsigte van die kameras.”

— Edenburg Landbou, 12 Januarie 2021


“Hartbeesfontein Landbouvereniging se Veiligheidskomitee wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om Agri Securitas Trustfonds opreg te bedank vir goedkeuring van ons befondsingaansoek en die waardevolle bydrae wat hulle lewer tot die beveiliging van ons gemeenskap.”

— Hartbeesfontein Landbouvereniging, 26 November 2020


“Eerstens wil ons as bestuur van Makokskraal Boerevereniging namens al die lede en persone woonagtig in die groter Makokskraal – Ventersdorp omgewing ons opregte dank uitspreek teenoor die onbaatsugtige optrede van die Agri Securitas die afgelope paar jaar. Dis nie net die finansiële bydrae wat ‘n verskil maak nie, maar ook die ondersteuning deur Agri Noordwes, by name mnre Boeta du Toit en Naude Pienaar en personeel. Sonder u hulp sou ons nie vandag gewees het waar ons is in terme van ons veiligheidsinsisiatiewe nie.”

— Makokskraal Boerevereniging, 5 Augustus 2020


“Graag wil ons u hartlik bedank vir die skenking ten opsigte van die Bandelierskop Kamera Projek. Dit sal verseker ‘n groot verskil maak ten opsigte van die veiligheid van die hele Bandelierskop are en gemeenskap.”

— Bandelierkop Plaaswag, 14 Desember 2020


“Agri NW wil graag hiermee ons opregte dank en waardering uitspreek vir die omvangryke finansiële ondersteuning aan ons affiliasies vir die aankoop van veiligheidstoerusting, wat ons by herhaling veral weer gedurende die afgelope jaar ontvang het. Dit maak ʼn geweldige bydra tot die vermoë van veiligheidsgroepe om die veiligheid in hul onderskeie verantwoordelikheidsgebiede te bevorder en te handhaaf. Die Agri Securitas Trustfonds inisiatief het geen gelyke nie en die bydra wat dit lewer tot die beskerming van lewens en eiendom en landelike veiligheid in die algemeen oor jare heen is ongetwyfeld van onskatbare waarde!.”

— Agri North West, 4 Desember 2021

Make a donation.

Agri Securitas is 100% dependent on donations to financially support projects of the farming communities enabling them to improve their safety